Psalms 128:3-6 Bybel vir Almal (ABA)

3. Jou vrou in jou huis sal weessoos ’n wingerdstok wat baie druiwe dra.Jou kinders by jou tafel sal weessoos jong olyfboompies.

4. Jy moet onthou, dit is hoe die Heredie persoon sal seën wat Hom dien.

5. Ek bid dat die Here in Sion jou sal seën.Ek bid dat jy sal siendat dit goed gaan met Jerusalem,so lank soos jy lewe,

6. en dat jy jou kinders se kinders sal sien.Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê.

Psalms 128