2. Dit is die Hére wat my sal help,die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.
3. Hy sal keer dat jy nie val nie,Hy beskerm jou, Hy slaap nie.
4. Die Here slaap nooit, dit is seker,Hy beskerm die volk Israel.
5. Die Here beskerm jou,Hy is altyd langs jou om jou te beskerm.
6. Die son sal jou nie siek laat wordin die dag nie,en die maan ook nie in die nag nie.
7. Die Here sal jou beskermteen alles wat sleg is,jou lewe sal veilig wees.
8. Die Here sal jou beskerm,oral waar jy gaan, nou en vir altyd.