1. Ek is lief vir die Here,want Hy luister wanneer ek tot Hom bid,wanneer ek vra dat Hy my moet help.
2. Want Hy luister wanneer ek bid,daarom sal ek tot Hom bid so lank soos ek lewe.
3. Bande van die dood was rondom my,ek was bang om na die doderyk te gaan,dit het sleg gegaan met my,ek het baie swaar gekry.
4. Toe het ek tot die Here gebiden geroep: “Here, asseblief, red my lewe!”
5. Die Here is genadig, Hy doen reg,ons God is goed vir mense wat swaarkry.
6. Hy beskerm jongmense wat baie min weet,Hy het my gered toe ek moedeloos was.