Psalms 109:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van Dawid. ’n Psalm.O God, ek prys U, U moet iets doen,

2. want mense wat self skuldig is,sê dinge oor my, maar dit is nie waar nie,hulle lieg oor my.

3. Hulle sê dit omdat hulle my haat.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar hulle baklei met my.

4. Ek was lief vir hulle en ek het vir hulle gebid,maar hulle beskuldig my.

Psalms 109