1. Vir die leier van die koor: Van Dawid. ’n Psalm.O God, ek prys U, U moet iets doen,
2. want mense wat self skuldig is,sê dinge oor my, maar dit is nie waar nie,hulle lieg oor my.
3. Hulle sê dit omdat hulle my haat.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar hulle baklei met my.
4. Ek was lief vir hulle en ek het vir hulle gebid,maar hulle beskuldig my.
5. Ek het goeie dinge aan hulle gedoen,maar hulle doen slegte dinge aan my.Ek was lief vir hulle, maar hulle haat my.
6. Hulle sê: “Jy moet iemand kies en aanstel,iemand wat self verkeerd doen.Daardie persoon moet langs hom kom staanen hom beskuldig.
7. ’n Regter moet sê dat hy skuldig is,die regter moet sê dat sy gebed ook sonde is.
8. Sy lewe moet kort wees,’n ander mens moet sy werk doen.
9. Sy kinders moet weeskinders word,en sy vrou moet ’n weduwee word.
10. Sy kinders moet rondswerfen bedel om kos te kryin die plekke waar hulle woon,die plekke wat verwoes is.
11. Hy skuld geld vir mense,daardie mense moet alles vat wat hy het.Vreemde mense moet die goed vatwaarvoor hy gewerk het.
12. Niemand moet goed wees vir hom nie,niemand moet jammer weesvir sy weeskinders nie.
13. Sy nageslag moet almal sterf,niemand moet hulle namená een geslag onthou nie.