Psalms 107:25-42 Bybel vir Almal (ABA)

25. Toe Hy praat, het daar ’n stormwind gekom,en die branders was baie groot.

26. Die skepe het hoog opgegaan op die brandersen dan het hulle weer afgesak in die diep water.Dit het sleg gegaan met die mense,hulle het baie bang geword.

27. Hulle het soos dronk mensegeloop en geval.Hulle was goeie matrose,maar hulle het nie geweet wat om te doen nie.

28. Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

29. Hy het die stormwind stilgemaak,en die branders het klein geword.

30. Die mense was bly omdat die see stil geword het.Die Here het hulle gelei na die hawewaar hulle wou wees.

31. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.

32. Hulle moet in die volksvergadering sêdie Here is groot,hulle moet Hom prys in die vergaderingvan die leiers van die volk.

33. Hy verander waterstrome,en dit word ’n woestyn,Hy verander plekke waar daar fonteine is,en dit word droë grond.

34. Hy laat vrugbare grond onvrugbaar word.Hoekom?Hy doen dit omdat die mense wat daar woon,slegte dinge doen.

35. Hy verander woestyne, en dit word damme water,Hy verander droë grond, en dit word water-fonteine.

36. Hy laat die mense wat honger was,daar woon, en hulle bou ’n stadwaar hulle kan woon.

37. Hulle saai koring en hulle plant wingerde,en hulle kry baie koring en druiwe.

38. Die Here seën hulle, en hulle kry baie kinders,die Here laat ook hulle diere baie word.

39. Die mense was min en hulle het swaargekry,dit het sleg gegaan met hulleomdat mense hulle verdruk het.

40. Toe het die Here die belangrike mense verneder.Hy het hulle laat verdwaal in plekkewaar niemand woon nie en waar daar nie ’n pad is nie.

41. Maar Hy het die mense vrygemaakwat niks gehad het nie,hulle het nie meer swaargekry nie.Hy het hulle nageslag so baie laat wordsoos skape en bokke.

42. Mense wat eerlik lewe, sien diten hulle word bly,maar almal wat verkeerde dinge doen, moet stilbly.

Psalms 107