Psalms 106:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Here, wanneer U goed is vir u volk,dan moet U ook aan my dink.Wanneer U hulle red,dan moet U my nie vergeet nie.

5. Dan sal ek sien hoe goed gaan ditmet u mense, U het hulle gekies.Ek sal bly wees wanneer u volk bly is,ek sal juig saam met die mense wat aan U behoort.

6. Ons het sonde gedoen soos ons voorvaders,ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig.

7. Ons voorvaders het in Egiptenie u wonderwerke verstaan nie,hulle het nie onthou dat U altyddoen wat U belowe het nie.Hulle was opstandig by die see, die Riet-see.

8. Maar Hy het hulle gered omdat Hy God is,omdat Hy wou hê hulle moet weetdat Hy sterk is.

9. Hy het hard gepraat met die Riet-see,en die see het droog geword.Hy het ons voorvaders laat deurloopop die plek waar daar voorheen diep water was,hulle het deurgeloop soos in ’n woestyn.

Psalms 106