6. Julle is die nageslag van sy dienaar Abraham,die nageslag van Jakob wat Hy gekies het.
7. Hy is ons God die Here,Hy oordeel al die mense.
8. Hy het altyd sy verbond onthou,Hy het dit belowe vir 1 000 geslagte.
9. Hy het hierdie verbond gemaak met Abraham,Hy het dit vir Isak belowe,
10. Hy het vir Jakob gesêdie verbond sal nie verander nie,dit is ’n verbond met die volk Israel,’n verbond wat vir altyd sal wees.
11. Die Here het gesê:“Ek gee vir jou die land Kanaän,dit moet altyd aan julle behoort.”
12. Hulle was min mense, net ’n paar mense,en hulle was vreemdelinge in die land.
13. Hulle het rondgetrek,van een volk na ’n ander volk,van een land na ’n ander land.
14. Die Here het gesê niemandmag sy mense verdruk nie,Hy het konings gestrafomdat hulle sy volk verdruk het.
15. Hy het gesê:“Julle moet niks sleg doen aan die mensewat Ek gesalf het nie,julle moenie slegte dinge doen aan my profete nie.”
16. Die Here het hulle honger laat word,daar was niks om te eet nie.
17. Hy het ’n man gestuur om voor hulle te gaan,die man was Josef, sy broers het hom verkoop,en hy het ’n slaaf geword.
18. Hulle het sy voete met toue vasgemaak,hulle het ’n ysterband om sy nek gesit.
19. Josef was ’n slaaf totdat die tyd gekom hettoe hy moes praat,en die Here vir hom gesê het wat hy moet sê.En wat hy gesê het, het gebeur.
20. Die koning het mense gestuuren hulle het vir Josef uit die tronk laat kom.Die man wat oor volke regeer het,het vir Josef die deure laat oopmaak.