Psalms 105:39-42 Bybel vir Almal (ABA)

39. Die Here het ’n wolk laat komom die Israeliete toe te maak,en Hy het ’n vuur gestuur om lig te maak in die nag.

40. Die volk het gevra, en die Here het kwartels laat kom,Hy het vir hulle meer as genoeg brooduit die hemel gegee.

41. Die Here het ’n rots oopgemaak,en daar het water uitgekom,die water het soos ’n rivier gevloei in die droë land.

42. Ja, die Here is heilig, Hy het sy belofte onthou.Hy het die belofte vir sy dienaar Abraham gemaak.

Psalms 105