33. Die hael het hulle wingerdeen hulle vyebome stukkend geslaan,dit het al die bome in die land stukkend geslaan.
34. Die Here het dit beveel, en toe kom daar sprinkane,groot swerms sprinkane, niemand kon tel hoeveel sprinkane nie.
35. Die sprinkane het alles opgevreetwat groen was in die land,hulle het al die koring en die plante in die land opgevreet.
36. Die Here het elke oudste seun in die land laat sterf,elke kind wat gebore is toe sy pa nog sterk was.
37. Die Here het al die stamme van die Israeliete uit Egipte laat gaan,hulle het silwer en goud saamgeneem.Niemand het gegly en geval nie.
38. Die Egiptenaars was bly toe die Israeliete trek,want hulle het baie bang geword vir die Israeliete.
39. Die Here het ’n wolk laat komom die Israeliete toe te maak,en Hy het ’n vuur gestuur om lig te maak in die nag.
40. Die volk het gevra, en die Here het kwartels laat kom,Hy het vir hulle meer as genoeg brooduit die hemel gegee.
41. Die Here het ’n rots oopgemaak,en daar het water uitgekom,die water het soos ’n rivier gevloei in die droë land.
42. Ja, die Here is heilig, Hy het sy belofte onthou.Hy het die belofte vir sy dienaar Abraham gemaak.
43. Die Here het sy volk, die mense wat Hy gekies het,laat uitgaan.Hulle was vrolik en hulle het gesing.
44. Hy het vir sy volk die lande van die heidene gegee.Sy volk kon die goed vir hulleself vat,die goed waarvoor die ander volke hard gewerk het.
45. Hoekom het die Here dit gedoen?Die Here het dit gedoensodat sy volk sal doen wat Hy vir hulle sê,sodat hulle gehoorsaam sal weesaan die dinge wat Hy vir hulle geleer het.Julle moet die Here prys!