Psalms 105:22-33 Bybel vir Almal (ABA)

22. Josef kon vir die amptenare van die koning sêwat hy wil hê hulle moet doen.Hy het vir die leiers geleer wat die regte dinge iswat hulle moet doen en sê.

23. Jakob het na Egipte gekom,hy het in die land van Gam kom woon,en hy was ’n vreemdeling daar.

24. Die Here het sy volk baie kinders laat kry,hulle het meer geword as hulle vyande.

25. Die Here het die harte van die vyande verander,hulle het sy volk gehaaten hulle het slim planne gemaak teen sy dienaars.

26. Die Here het sy dienaar Moses gestuuren ook vir Aäron, die man wat Hy gekies het.

27. Hulle het die tekens van die Here gedoenby die Egiptenaars,hulle het wonderwerke gedoen in die land van Gam.

28. Die Here het die donker gestuur,en dit het donker geword.Die Egiptenaars was opstandigteen wat die Here gesê het.

29. Die Here het hulle water in bloed verander,en hulle visse het gevrek.

30. Daar het paddas oral in die land gekom,die paddas het tot in die kamers van die koning gekom.

31. Die Here het dit beveel, en toe kom daar steekvlieëen muggies in die hele land van die Egiptenaars.

32. Die Here het die reën verander, dit het hael geword,en daar was weerlig in die land van die Egiptenaars.

33. Die hael het hulle wingerdeen hulle vyebome stukkend geslaan,dit het al die bome in die land stukkend geslaan.

Psalms 105