6. Ek hou aan om te kla van die pyn,ek is baie maer, net vel en been.
7. Ek is soos ’n pelikaan in die woestyn,ek het geword soos ’n uil tussen hope klippe.
8. Ek kan nie slaap nie,ek is soos ’n voël wat alleen op ’n dak sit.
9. My vyande spot my die hele dag,die mense wat my beledig, sê my naamwanneer hulle ander mense wil vervloek,
10. want ek eet as, dit is my kos,en alles wat ek drink, is vol van my trane.
11. Dit is omdat U so kwaad is vir my.U het my opgetel en weggegooi.
12. My lewe is amper verby,dit is soos wanneer die skaduwee in die aandlank word en verdwyn.Ek is soos gras wat droog geword het.
13. Maar, Here, U is altyd Koning,elke geslag ken u Naam.
14. U sal kom en jammer wees vir Sion,want die tyd het gekomdat U goed moet wees vir Sion.Ja, dit is nou die tyd.
15. Sion is nou net hope klippe en stof,maar ons, u dienaars, is lief en jammer vir die stad.
16. Die volke sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor.Al die konings op die aarde sal bang wordwanneer hulle sien dat U Koning is.