Psalms 10:8-18 Bybel vir Almal (ABA)

8. Hy lê buite die stedeen hy wag vir onskuldige mense,hy vermoor hulle waar niemand dit sien nie.Hy kyk waar hy iemand kan kry wat swak is,

9. hy kruip weg soos ’n leeuen hy wag om iemand te vangwat homself nie kan beskerm nie,hy vang hom soos ’n mens ’n voël in ’n vangnet vang.

10. Hy slaan mense wat hulleself nie kan help nie,hulle val op die grond, want hy is te sterk vir hulle.

11. Hy dink God het daardie mense vergeet,hy dink God kyk weg en sien nooit wat gebeur nie.

12. Here, U moet nou iets doen,o God, U moet u hand uitsteek en help,U moenie die mense vergeetwat hulleself nie kan beskerm nie.

13. Hoekom dink die mens wat verkeerd doendat God nie belangrik is nie?Hoekom dink hy God sal hom nie straf nie?

14. U sien hoe mense swaarkry en seerkry,U sien dit en U sal iets doen.Die mens wat homself nie kan help nie, die weeskind,glo dat U hom sal help, en U sál dit doen.

15. U moet die mens swak maak wat verkeerd doen,U moet die krag van die slegte mens breek.U moet hom straf oor alles wat hy verkeerd doen,hy moet nooit weer verkeerd doen nie.

16. Die Here is Koning vir altyd,die ander volke is weg uit sy land.

17. Here, U het gehoor wat die mense wil hê,die mense wat hulleself nie kan beskerm nie.U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle.

18. U doen reg aan die weeskinden die mens wat swaarkry.Niemand op die aarde sal weer slegte dinge doenaan ander mense nie.

Psalms 10