Openbaring 16:19-21 Bybel vir Almal (ABA)

19. Die aardbewing het die groot stad, Babilon, in drie stukke laat breek, en die stede van die volke is verwoes. God het onthou dat die mense van die stad Babilon sonde gedoen het. Hy was baie kwaad vir hulle en Hy het hulle gestraf, Hy het vir hulle die beker van swaarkry gegee om te drink.

20. En al die eilande en die berge het verdwyn.

21. Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een talent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God gelaster, want dit was ’n swaar straf wat God vir hulle gegee het.

Openbaring 16