1. En ek het gesien ’n dier kom uit die see. Die dier het tien horings en sewe koppe gehad. Op die horings was tien krone en op sy koppe was daar name geskryf, name wat vir God gelaster het.
2. Die dier wat ek gesien het, het soos ’n luiperd gelyk. Sy voete het gelyk soos ’n beer se voete en sy bek het gelyk soos ’n leeu se bek. Die draak het vir die dier gesê hy mag die draak se krag gebruik, hy mag regeer en hy mag alles doen wat die draak doen.