6. Moses het die waens en die beeste geneem en hy het dit vir die Leviete gegee.
7. Hy het vir die Gerson-familie twee waens en vier beeste gegee vir die werk wat hulle moes doen.
8. Hy het vir die Merari-familie vier waens en ag beeste gegee vir die werk wat hulle moes doen. Itamar seun van die priester Aäron moes kyk dat hulle die werk doen.