18. Bileam begin toe praat. Hy het gesê:“Balak, staan op, luister.Seun van Sippor, jy moet hoorwat ek sê.
19. God is nie ’n mens nie,Hy lieg nie,Hy is nie soos ’n mens nie,Hy verander nie wat Hybesluit het nie.Wanneer Hy iets belowe het,dan doen Hy dit.Wanneer hy gepraat het,dan laat Hy dit gebeur.
20. Luister, Hy het gesê ek moetdie volk seën,en wanneer Hy iemand geseën het,dan kan ek dit nieverander nie.
21. Hy het nie besluitdat dit sleg sal gaanmet die Israeliete nie,en Hy het ook nie besluitdat hulle sal swaarkry nie.Hulle God die Here is by hulle,hulle juig oor Hom, hulle Koning.
22. God, wat hulle uit Egiptegebring het,is vir hulle soos die horingsvan ’n oer-os.