Numeri 23:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Balak het vir Bileam gesê: “Wat het jy nou aan my gedoen? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou geseën!”

12. Bileam het geantwoord: “Ek mag net sê wat die Here vir my gesê het.”

13. Balak sê toe vir Bileam: “Kom asseblief saam met my na ’n ander plek. Jy sal van daar net party van hulle tente sien, jy sal hulle nie almal sien nie. Jy moet hulle vir my vervloek van daardie plek af.”

14. Balak het toe vir Bileam na ’n plek bo-op Pisga-berg geneem, hulle kon van daar ver sien. Hy bou toe daar sewe altare en hy offer op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram.

15. Bileam het vir Balak gesê: “Bly staan hier by jou brand-offer, ek sal met die Here gaan praat op ’n ander plek.”

16. Die Here het na Bileam toe gekom en vir hom gesê wat hy moet sê. Die Here het gesê Bileam moet teruggaan na Balak toe en hy moet dit vir Balak sê.

17. Toe Bileam terugkom by Balak, het Balak nog by sy brand-offer gestaan, hy en die amptenare van Moab. Balak het vir Bileam gevra: “Wat het die Here gesê?”

Numeri 23