Numeri 15:8-19 Bybel vir Almal (ABA)

8. En wanneer iemand ’n bul gee om ’n brand-offer te wees, of ’n gelofte-offer, of ’n ete-offer vir My,

9. dan moet hy saam met die bul ook ’n koring-offer gee van drie tiendes van ’n efa van die beste meel wat hy meng met ’n halwe hin olyf-olie

10. en hy moet ook ’n halwe hin wyn gee om ’n drank-offer te wees. Dit moet ’n vuur-offer wees wat lekker ruik vir My.

11. Julle moet dit doen saam met elke bul of skaap-ram, elke skaap-lam of bok-lam wat julle offer.

12. Julle moet dit doen saam met elke dier wat julle offer.

13. Elke Israeliet moet dit doen wanneer hy vir My ’n vuur-offer gee wat lekker moet ruik vir My.

14. En wanneer daar by julle of julle nageslag vreemdelinge of ander mense woon, en een van hulle wil vir My ’n vuur-offer gee wat lekker ruik vir My, dan moet hy doen soos julle doen.

15. Die volksvergadering moet altyd dieselfde wet gebruik vir julle en vir die vreemdelinge wat by julle of julle nageslag woon, julle en die vreemdelinge is dieselfde vir My.

16. Julle en die vreemdelinge wat by julle woon, moet almal doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit.”

17. Die Here het vir Moses gesê:

18. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in die land kom waarnatoe Ek julle bring,

19. en julle eet van die kos wat die land vir julle gee, dan moet julle vir My ’n deel van die kos gee.

Numeri 15