Numeri 15:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gee om in te woon,

3. en een van julle wil vir My ’n vuur-offer gee wat vir My lekker ruik, ’n bees of ’n bok of ’n skaap om ’n brand-offer te wees, of ’n gelofte-offer, of ’n offer wat hy graag wil bring, of ’n offer op een van julle feeste,

4. dan moet hy saam met sy offer ook ’n koring-offer gee. Die koring-offer moet ’n tiende wees van ’n efa van die beste meel wat julle meng met ’n kwart hin olyf-olie.

5. Saam met elke skaap-lam wat ’n brand-offer of ’n ander offer is, moet jy ook ’n kwart hin wyn gee om ’n drank-offer te wees.

6. Of wanneer iemand ’n skaap-ram offer, dan moet hy ook ’n koring-offer gee van twee tiendes van ’n efa van die beste meel wat hy meng met ’n derde hin olyf-olie,

7. en hy moet ’n derde hin wyn gee om ’n drank-offer te wees. Dit moet ’n offer wees wat lekker ruik vir My.

Numeri 15