Numeri 1:50-54 Bybel vir Almal (ABA)

50. Jy self moet vir die Leviete sê wat hulle moet doen. Hulle moet sorg vir die tempel-tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tempel-tent. Hulle moet ook sorg vir al die stukke wat by die tempel-tent moet wees. Hulle moet die tempel-tent dra en daarmee werk en hulle moet hulle tente rondom die tempel-tent opslaan.

51. Wanneer hulle die tempel-tent na ’n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op ’n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer ’n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.

52. Elke stam van Israel moet hulle tente opslaan op hulle eie plek en by hulle eie vlag in hulle groepe.

53. Maar die Leviete moet hulle tente opslaan rondom die tent waarin die kis en die tien gebooie is. Hulle moet dit doen sodat die Here nie kwaad word en die volk Israel straf nie. Die Leviete moet werk met die tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tent.”

54. Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het, hulle het dit presies so gedoen.

Numeri 1