Nehemia 6:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het die muur klaar gebou. Daar het nie een stukkende plek oorgebly nie, maar ek het nog nie deure in die poorte gesit nie. Party mense het dit vertel vir Sanballat en Tobija en vir die Arabier Gesem en ons ander vyande.

2. Toe het Sanballat en Gesem vir my ’n boodskap gestuur en gesê ons moet mekaar ontmoet in die stad Kefirim in die Ono-vallei. Hulle wou iets sleg doen aan my.

3. Ek het boodskappers na hulle toe gestuur om vir hulle te sê: “Ek doen ’n belangrike werk, ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stop? Hoekom moet ek dit los en na julle toe kom?”

4. Hulle het vier maal dieselfde boodskap vir my gestuur, en ek het dieselfde antwoord vir hulle teruggestuur.

Nehemia 6