Nahum 3:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. Almal wat jou sien,sal weggaan van jou en sê:‘Nineve is verwoes!’Niemand sal daaroorjammer wees nie.Ek kry niemandwat jou kan troos nie.

8. “Nineve, jy is nie beteras die stad No-Amon nie.No-Amon is langs die Nyl-rivier,en daar is water rondom die stadom die stad te beskerm.

9. In die stad was soldatevan die land Kusen van Egipte en van Puten van Libië,en daarom was No-Amon baie sterk.

10. Maar die vyande het die mensevan No-Amon gevangen weggevat na ’n ander land.Die vyande het die babasdoodgemaak in die strate,en hulle het lootjies getrekom te sien wie kryelkeen ’n belangrike mensom sy slaaf te wees.Hulle het die belangrike mensevasgemaak met kettingsen hulle weggevat.

11. “Mense van Nineve,julle sal nie weetwaar julle is nie,soos dronk mense.Julle sal ook ’n plek soekwaar julle kan wegkruipvir julle vyande.

12. Al julle sterk huise issoos ryp vye in vyebome.Wanneer jy die bome skud,dan val die vye in jou mond.So maklik sal julle vyandejulle sterk huise vat.”

Nahum 3