Nahum 3:10-19 Bybel vir Almal (ABA)

10. Maar die vyande het die mensevan No-Amon gevangen weggevat na ’n ander land.Die vyande het die babasdoodgemaak in die strate,en hulle het lootjies getrekom te sien wie kryelkeen ’n belangrike mensom sy slaaf te wees.Hulle het die belangrike mensevasgemaak met kettingsen hulle weggevat.

11. “Mense van Nineve,julle sal nie weetwaar julle is nie,soos dronk mense.Julle sal ook ’n plek soekwaar julle kan wegkruipvir julle vyande.

12. Al julle sterk huise issoos ryp vye in vyebome.Wanneer jy die bome skud,dan val die vye in jou mond.So maklik sal julle vyandejulle sterk huise vat.”

13. Julle soldate beteken niks.Hulle is soos ’n klomp vroue.Die poorte van julle stadsal oop wees,julle vyande sal die deurein die poorte verbrand.

14. Julle moet genoeg watergaan haal en dit bêre,want julle vyande sal kom wagrondom die stad se mure.Julle moet die stad se sterk murenog sterker maak.Julle moet bakstene maak van klei.

15. Julle sal brand in die vuur.Die vyande sal julle doodmaaksoos sprinkane.Julle het so baie gewordsoos sprinkane.

16. Julle handelaars was meeras die sterre in die lug,maar hulle is nou weg.Hulle is weg soos sprinkanewat wegvliegwanneer hulle klaar gevreet het.

17. Die mense wat die stadmoes oppas, en die amptenare,is soos sprinkanewat na ’n ander plek vlieg.Die swerms sprinkanesit op die klipmurewanneer dit koud is,maar wanneer dit warm word,dan vlieg hulle weg,en niemand weet waarnatoehulle gaan nie.

18. Koning van Assirië,die leiers van jou mense slaap.Jou mense het gevlugen hulle is oral op die berge.Daar is niemandwat hulle bymekaarmaak nie.

19. Nineve, die vyandesal jou verwoes,en niemand sal jou weer bou nie.Al die mense sal bly wees,almal wat hoor wat met jougebeur het.Hulle sal hande klap,want jy het wrede dinge gedoen aan almal.

Nahum 3