Miga 3:3-5 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle eet hulle vleisen julle slag hulle vel af.Julle kap hulle bene stukkend,julle sny hulle vleis soos ’n mensvleis sny om dit te kook.

4. Dan roep julle na die Hereen julle vra dat Hy julle moet help,maar Hy antwoord julle nie.Hy wil nie luister na julle nie,want julle het verkeerd gedoen.

5. Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg:“Wanneer mense vir julle kos gee,dan sê julle daar sal vrede wees,en wanneer hullenie vir julle kos gee nie,dan sê julle daar sal oorlog kom.”

Miga 3