Matteus 4:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die duiwel het toe weggegaan van Jesus. Daar het engele gekom en hulle het vir Jesus gesorg.

12. Koning Herodes het vir Johannes die Doper laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Toe Jesus dit hoor, het Hy na die provinsie Galilea gegaan.

13. Jesus het weggegaan van die stad Nasaret waar Hy eers gewoon het. Hy het gaan woon in die stad Kapernaum, by die See van Galilea. Kapernaum was in die deel van die land waar die stamme Sebulon en Naftali voorheen gewoon het.

14. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het:

15. “Land van Sebulon en Naftali,langs die pad na die Seevan Galilea,naby die Jordaan-rivier,Galilea, land van mensewat nie Jode is nie.

16. Julle is die volk wat indie donker lewe,maar julle het ’n groot lig gesien.Julle wat woon in die skaduweevan die dood,julle het gesien dit word lig.”

17. Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Julle moet nou begin lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”

18. Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy sien toe twee broers, Simon en Andreas. Simon se ander naam was Petrus. Hulle was vissermanne en hulle het hulle visnet in die see gegooi.

Matteus 4