Matteus 26:24-37 Bybel vir Almal (ABA)

24. Ek, die Seun van die mens, sal sterf soos die profete oor My geskryf het. Maar daardie man wat My verraai, sal baie swaar kry. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.”

25. Judas, die een wat vir Jesus verraai het, vra toe vir Jesus: “Meneer, is dit ek?”Jesus sê toe vir hom: “Jy sê dit self.”

26. Jesus het brood geneem terwyl hulle geëet het en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het die brood in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee. Hy het gesê: “Neem die brood en eet dit. Dit is my liggaam.”

27. Jesus het ook ’n beker wyn geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Toe gee Hy dit vir sy dissipels en sê: “Drink almal daarvan.

28. Die wyn in hierdie beker is my bloed. My bloed is die bloed van die verbond. My bloed sal vir baie mense vloei sodat God hulle sondes kan vergewe.

29. Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink nie tot daardie dag wanneer Ek saam met julle nuwe wyn sal drink by my Vader wat Koning is.”

30. Jesus en sy dissipels het ’n lied gesing en die Here geprys, en hulle het uitgegaan na die Olyf-berg.

31. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle almal sal vannag ophou om in My te glo. Die profeet het geskryf:“God het gesê: Ek saldie skaapwagter doodmaak,en die skape van die tropsal weghardloopna al die kante toe.

32. “Maar God sal My weer laat lewe, en dan sal Ek voor julle na Galilea gaan.”

33. Petrus sê toe vir Jesus: “Almal sal miskien ophou om in U te glo, maar ek sal nooit ophou om in U te glo nie!”

34. Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Jy sal in hierdie nag drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan vannag kraai.”

35. Maar Petrus het gesê: “As ek saam met U moet sterf, dan sal ek sterf, maar ek sal nooit sê dat ek U nie ken nie.”Al die ander dissipels het dieselfde gesê.

36. Jesus en sy dissipels kom toe by ’n plek, Getsemane, en Jesus sê vir hulle: “Sit hier, Ek wil daar gaan bid.”

37. Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saam met Hom geneem. Jesus het baie hartseer en bang geword.

Matteus 26