15. en gevra: “Wat sal julle vir my gee as ek julle help om Jesus te vang?”Die priesterleiers het toe vir Judas 30 silwer geldstukke betaal.
16. Van toe af het hy ’n plan probeer maak en hy het gewag vir die regte tyd om Jesus te verraai.
17. Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood, het Jesus se dissipels na Hom toe gekom en vir Hom gevra: “Waar wil U hê moet ons gaan gereedmaak sodat U die Paas-ete kan eet?”
18. Jesus het gesê hulle moet in Jerusalem na ’n man toe gaan en vir hom sê: “Ons Meneer sê: ‘My tyd is naby. Ek en my dissipels wil die Paas-ete in jou huis eet.’ ”
19. Die dissipels het gedoen wat Jesus vir hulle gesê het en hulle het alles gereedgemaak vir die Paas-ete.
20. Toe dit aand geword het, het Jesus saam met die twaalf dissipels by die tafel gesit
21. en hulle was besig om te eet. Toe sê Jesus: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Een van julle sal My verraai.”
22. Die dissipels was baie geskok en hartseer. Elke dissipel begin toe om vir Jesus te vra: “Here, is dit ek?”
23. Jesus het vir hulle gesê: “Die een wat sy brood saam met My in die sous druk, daardie een sal My verraai.
24. Ek, die Seun van die mens, sal sterf soos die profete oor My geskryf het. Maar daardie man wat My verraai, sal baie swaar kry. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.”
25. Judas, die een wat vir Jesus verraai het, vra toe vir Jesus: “Meneer, is dit ek?”Jesus sê toe vir hom: “Jy sê dit self.”
26. Jesus het brood geneem terwyl hulle geëet het en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het die brood in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee. Hy het gesê: “Neem die brood en eet dit. Dit is my liggaam.”
27. Jesus het ook ’n beker wyn geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Toe gee Hy dit vir sy dissipels en sê: “Drink almal daarvan.
28. Die wyn in hierdie beker is my bloed. My bloed is die bloed van die verbond. My bloed sal vir baie mense vloei sodat God hulle sondes kan vergewe.
29. Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink nie tot daardie dag wanneer Ek saam met julle nuwe wyn sal drink by my Vader wat Koning is.”
30. Jesus en sy dissipels het ’n lied gesing en die Here geprys, en hulle het uitgegaan na die Olyf-berg.
31. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle almal sal vannag ophou om in My te glo. Die profeet het geskryf:“God het gesê: Ek saldie skaapwagter doodmaak,en die skape van die tropsal weghardloopna al die kante toe.
32. “Maar God sal My weer laat lewe, en dan sal Ek voor julle na Galilea gaan.”
33. Petrus sê toe vir Jesus: “Almal sal miskien ophou om in U te glo, maar ek sal nooit ophou om in U te glo nie!”