5. Hulle doen alles sodat die mense hulle moet sien. Hulle maak die gebedsdosies baie groot, en die tossels aan hulle klere baie lank.
6. “Hulle sit graag op die belangrikste plekke by die feeste en in die sinagoges.
7. Hulle wil hê die ander mense moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom, en hulle hou daarvan dat die mense vir hulle ‘Rabbi’ sê.
8. “Maar julle moenie dat mense vir julle ‘Rabbi’ sê nie, want daar is net een Persoon wat vir julle leer, en julle is almal mekaar se broers.