1. Jesus het toe vir die mense en vir sy dissipels gesê:
2. “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs is die mense wat die Wette van Moses kan verduidelik.
3. Daarom moet julle alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet gehoorsaam wees. Maar julle moenie doen wat hulle doen nie, want hulle sê wat julle moet doen, maar hulle doen dit nie self nie.