Matteus 22:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het weer vir die mense gelykenisse vertel. Hy het gesê:

2. “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit soos wanneer ’n koning ’n fees-ete gehou het vir sy seun wat getrou het.

3. Hy het mense na die troue genooi, en hy het sy slawe gestuur om die mense te gaan roep om te kom. Maar die mense wou nie kom nie.

4. Die koning het ander slawe gestuur en vir hulle gesê: ‘Sê vir die mense wat ek genooi het: Alles is nou gereed vir my fees-ete. Ek het beeste en vet kalwers laat slag, en alles is gereed. Kom na die fees-ete.’

Matteus 22