Matteus 20:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. En toe dit aand geword het, sê die man vir sy voorman: ‘Roep die werkers en betaal hulle wat hulle verdien het. Betaal eerste die werkers wat laaste begin werk het en dan die werkers wat eerste begin werk het.’

9. Die werkers wat omtrent vyfuur begin werk het, kom toe en hulle kry elkeen die geld wat ’n werker gewoonlik kry wanneer hy die hele dag gewerk het.

10. Die werkers wat eerste begin werk het, kom toe en hulle dink dat hulle meer geld sal kry. Maar hulle het ook elkeen een silwer geldstuk gekry.

11. Hulle neem toe die geld, maar hulle het by die man gaan kla

12. en gesê: ‘Hierdie werkers wat laaste begin werk het, het net een uur gewerk, maar jy het vir hulle dieselfde gegee as vir ons, ons wat die hele dag hard in die son gewerk het.’

13. Die man sê toe vir een van hulle: ‘My vriend, ek doen niks verkeerd aan jou nie. Onthou jy, jy het met my saamgestem dat jy een silwer geldstuk sal kry.

Matteus 20