4. Toe Hy klaar gepraat het, het Hy vir Simon gesê: “Roei ’n bietjie verder tot waar die see diep is en gooi julle nette in die water om vis te vang.”
5. Simon het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het die hele nag hard gewerk, maar ons het niks gevang nie. Maar as U sê ek moet dit doen, dan sal ek die nette ingooi.”
6. Toe Simon die nette in die see gooi, het hulle so baie visse gevang dat die nette amper stukkend geskeur het.
7. Hulle het hulle vriende in die ander boot geroep om te kom help. Hulle vriende het gekom en hulle het altwee bote vol visse gemaak. Dit was so vol, die bote het amper gesink.
8. Toe Simon Petrus dit sien, het hy voor Jesus op die grond geval en gesê: “Here, gaan weg van my, want ek is ’n man wat baie sonde doen.”
9. Simon Petrus en die ander mense saam met hom was baie verbaas oor die baie visse wat hulle gevang het.
10. Jakobus en Johannes was ook baie verbaas. Hulle was die seuns van Sebedeus en hulle het saam met Simon gewerk en visgevang. Jesus het vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy nie meer visvang nie, jy sal mense bymekaarmaak.”
11. Hulle het met die bote tot by die land geroei. Hulle het alles daar gelos en saam met Jesus gegaan.