26. maar die Here het nie vir Elia na een van hulle toe gestuur nie, net na ’n weduwee in die stad Sarepta in Sidon.
27. En in die tyd toe die profeet Elisa gelewe het, was daar baie melaatse mense in die land Israel. Maar die Here het nie een van hulle gesond gemaak nie, net vir Naäman, die Siriër.”
28. Almal in die sinagoge het kwaad geword toe hulle hoor wat Jesus sê.
29. Hulle het opgestaan en vir Jesus weggejaag uit die stad. Hulle stad was op ’n berg, en hulle het Hom gevat tot by die kant van die berg. Hulle wou Hom daar afstamp.
30. Maar Jesus het tussen die mense deur geloop en weggegaan.
31. Jesus het toe na Kapernaum, ’n stad in Galilea, gegaan. Daar het Hy elke Sabbatdag vir die mense geleer.
32. Die mense was baie verbaas oor die dinge wat Hy vir hulle geleer het, want hulle het besef dat wat Hy gesê het, van God gekom het.
33. In die sinagoge was daar ’n man, daar was ’n onrein gees in die man. Die gees het hard geskree en gesê:
34. “Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is. U is die Heilige wat van God kom.”
35. Jesus het met die gees geraas en gesê: “Bly stil en gaan uit die man uit!”Almal het gesien die duiwel gooi die man op die grond. Toe het hy uit die man gegaan, hy het die man nie seergemaak nie.
36. Al die mense was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Die woorde wat hierdie man sê, kom van God. Hy sê vir die onrein geeste om uit te gaan, en dan gaan hulle uit.”
37. Die mense het oral gepraat oor wat Jesus gedoen het.
38. Jesus het weggegaan van die sinagoge en Hy het na Simon se huis gegaan. Simon se skoonma was baie siek in die bed. Sy het koors gehad. Die mense het vir Jesus gevra om haar te help.
39. Jesus het by haar gaan staan en Hy het kwaai gepraat met die koors. Die koors het weggegaan, en sy het dadelik opgestaan en vir hulle kos gegee.