13. Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie meer tolgeld van die mense vat as wat julle mag vat nie.”
14. Die soldate het ook vir Johannes gevra: “En óns, wat moet ons doen?”Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie mense seermaak of hulle dwing om vir julle geld te gee nie. Julle moet tevrede wees met die geld wat julle kry.”
15. Die mense het toe met mekaar gepraat en gevra of Johannes miskien die Christus is.
16. Johannes het vir almal gesê: “Ek doop julle met water, maar later sal Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
17. Hy sal nou die mense oordeel. Dit sal wees soos wanneer iemand ’n vurk neem om die koring en die kaf op sy dorsvloer van mekaar te skei. Hy maak die koring bymekaar en bêre dit in sy stoorkamer, en Hy verbrand die kaf. Die oordeel van God sal wees soos ’n vuur wat nie ophou brand nie.”
18. Johannes het aangehou om die mense oor baie dinge te waarsku, en so het hy die goeie boodskap vir hulle gebring.
19. Johannes het ook ernstig met koning Herodes gepraat en vir hom gesê hy mag nie sy broer se vrou, Herodias, vir hom vat nie. Johannes het ook vir Herodes gewaarsku oor al die verkeerde dinge wat hy gedoen het.
20. Maar Herodes het toe iets gedoen wat nog slegter is: Hy het vir Johannes in die tronk toegesluit.
21. Johannes het al die mense gedoop, ook vir Jesus. Toe hy klaar vir Jesus gedoop het, het Jesus gebid, en toe het die hemel oopgegaan.
22. Die Heilige Gees het afgekom na Jesus toe soos ’n duif uit die lug afkom. God het uit die hemel gesê: “Jy is my Seun, Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.”
23. Jesus was omtrent 30 jaar oud toe Hy begin het om te preek en om wondertekens te doen. Die mense het gedink Hy is die seun van Josef. Josef was die seun van Eli,