57. Maar Petrus het gesê dit is nie waar nie. Hy het gesê: “Mevrou, ek ken Hom nie.”
58. ’n Bietjie later het iemand anders, ’n man wat ook daar werk, vir Petrus gesien en gesê: “Jy is ook een van Jesus se mense.”Maar Petrus het gesê: “Man, ek is nie.”
59. Ná omtrent ’n uur het ’n ander man ook gesê: “Maar ek is baie seker, hierdie man wás saam met Jesus se mense, want hy kom ook van Galilea.”
60. Maar Petrus het gesê: “Man, ek weet nie van wie jy praat nie.”En dadelik, terwyl Petrus praat, het die haan gekraai.
61. Toe draai die Here om en Hy kyk na Petrus. Petrus het onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Jy sal vandag drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan kraai.”
62. Petrus het buitetoe gegaan en hy het hard gehuil.
63. Die wagte wat vir Jesus gevang het, het Hom gespot en geslaan.
64. Hulle het sy oë toegebind en vir Hom gesê: “Wys vir ons jy is ’n profeet en sê vir ons wie het jou geslaan.”
65. Hulle het Hom ook nog op baie ander maniere beledig.
66. Toe dit dag geword het, het die Joodse Raad vergadering gehou. Hulle was die Sanhedrin, dit is die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes. Hulle het vir Jesus voor hulle laat staan.
67. Hulle sê toe vir Jesus: “Sê vir ons reguit of jy die Christus is.”Jesus het vir hulle gesê: “As Ek vir julle reguit sê wie Ek is, dan sal julle My nie glo nie.
68. En as Ek vir julle iets vra, dan sal julle My ook nie antwoord nie.