51. Maar Jesus het vir die dissipel gesê: “Hou op!” Jesus het aan die slaaf se oor geraak en Hy het die slaaf gesond gemaak.
52. Toe vra Jesus vir almal wat gekom het om Hom te vang, die priesterleiers, die offisiere van die wagte wat by die tempel werk, en die familieleiers: “Hoekom het julle swaarde en stokke saamgebring? Dink julle Ek wil teen die regering veg?
53. Ek was elke dag saam met julle by die tempel, en julle het My nie gevang nie. Maar nou is dit nag, die tyd wat die vyande van God kies om slegte dinge te doen, en julle kan nou doen wat julle besluit het om te doen.”
54. Hulle het toe vir Jesus gevang en hulle het Hom na die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het ook saamgegaan, maar hy het nie naby Jesus geloop nie.
55. Die mense wat vir Jesus gevang het, het ’n vuur aangesteek op die oop stuk grond voor die huis, en hulle het daar gaan sit. Petrus het ook by hulle gaan sit.
56. Een van die meisies wat daar werk, het vir Petrus gesien waar hy by die vuur sit. Sy het lank na hom gekyk en gesê: “Hierdie man was ook saam met Jesus.”
57. Maar Petrus het gesê dit is nie waar nie. Hy het gesê: “Mevrou, ek ken Hom nie.”
58. ’n Bietjie later het iemand anders, ’n man wat ook daar werk, vir Petrus gesien en gesê: “Jy is ook een van Jesus se mense.”Maar Petrus het gesê: “Man, ek is nie.”
59. Ná omtrent ’n uur het ’n ander man ook gesê: “Maar ek is baie seker, hierdie man wás saam met Jesus se mense, want hy kom ook van Galilea.”
60. Maar Petrus het gesê: “Man, ek weet nie van wie jy praat nie.”En dadelik, terwyl Petrus praat, het die haan gekraai.
61. Toe draai die Here om en Hy kyk na Petrus. Petrus het onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Jy sal vandag drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan kraai.”