35. Dit sal wees soos ’n vangstrik wat skielik ’n voël vang. Ja, dit sal skielik gebeur met al die mense wat op die aarde woon.
36. Julle moet altyd gereed wees. Julle moet bid dat julle krag sal hê om weg te vlug van al hierdie dinge wat gou sal gebeur. Julle moet bid dat julle gereed sal wees wanneer die Seun van die mens julle sal oordeel.”
37. Jesus het in die dag vir die mense in die tempel geleer, maar wanneer dit aand geword het, het Hy uitgegaan na die Olyf-berg en Hy het die hele nag daar gebly.
38. En vroeg die volgende oggend het al die mense weer na Hom kom luister by die tempel.