Levitikus 24:13-15 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die Here het vir Moses gesê:

14. “Jy moet die man wat die ander man vervloek het, wegneem uit die kamp. Almal wat gehoor het wat hy gesê het, moet hulle hande op sy kop sit, en die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe.

15. Jy moet vir die Israeliete sê: Elke persoon wat sy God vervloek, is skuldig, julle moet hom straf.

Levitikus 24