42. Maar as daar op die kaal kopvel ’n seerplek is wat pienk is, dan is dit miskien melaats.
43. Die priester moet daarna kyk, en as hy sien die seerplek op die kaal kopvel is geswel en pienk soos wanneer die vel melaats is,
44. dan is die persoon melaats. Daar is ’n seerplek op sy kop, en hy is onrein. Die priester moet sê die persoon is onrein.
45. “Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’
46. Hy is onrein so lank soos hy die seerplek het. Hy moet alleen woon, buite die kamp.”
47. “Daar kom miskien kolle op wolklere of op linne-klere,
48. of op materiaal, of op iets wat gemaak is van vel.
49. As daardie kolle groen of rooi is, dan is dit skimmel. Die priester moet daarna kyk.
50. As die priester daarna gekyk het, dan moet hy die klere of materiaal of ding van vel sewe dae lank toesluit.
51. As hy op die sewende dag sien die kolle het meer geword, dan is dit slegte skimmel, en die klere of materiaal of die ding van vel is onrein.
52. Die priester moet die klere of materiaal of die ding van vel verbrand, want dit is slegte skimmel.
53. Maar as die priester sien die kolle daarop het nie meer geword nie,
54. dan moet die priester sê die persoon moet sy klere of materiaal of ding van vel was, en hy moet dit weer sewe dae lank toesluit.
55. As die priester dan sien dat die kolle nie meer geword het nie maar dat dit nog dieselfde lyk, dan is die klere of materiaal of die ding van vel onrein, en hy moet sê dat die persoon dit moet verbrand. Dit maak nie saak of die kolle buite of binne op die klere of materiaal of die ding van vel was nie.