Klaagliedere 3:55-60 Bybel vir Almal (ABA)

55. Here, ek het daar onder in die putgeskree en gevra U moet my help.

56. U het gehoor toe ek gebid heten gesê het:“U moenie u ore toehouwanneer ek skree en vradat U my moet red nie!”

57. Die dag toe ek geskree het,het U nader gekom en U het gesê:“Jy moenie bang wees nie.”

58. Here, U het vir my gevegteen die mense wat my beskuldig het.U het my lewe gered.

59. Here, U het gesien dat menseverkeerde dinge aan my gedoen het.U moet oordeel,U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie.

60. U het alles gesien wat hullemet my wou doen.U weet van hulle planne teen my.

Klaagliedere 3