Klaagliedere 3:42-45 Bybel vir Almal (ABA)

42. Ons het sonde gedoen,ons was opstandig teen U,en U het ons nie vergewe nie.

43. U was kwaad, U het ons gejaag,U was nie jammer vir ons nie,U het ons doodgemaak.

44. U het Uself toegemaak met ’n wolk,sodat ons gebede nie by U kon kom nie.

45. U het die ander volke laat dinkdat ons niks beteken nie en dat ons stink.

Klaagliedere 3