Klaagliedere 3:41-53 Bybel vir Almal (ABA)

41. Ons moet dink aan God,ons moet ons hande uitsteek,ons moet bid tot God in die hemel.

42. Ons het sonde gedoen,ons was opstandig teen U,en U het ons nie vergewe nie.

43. U was kwaad, U het ons gejaag,U was nie jammer vir ons nie,U het ons doodgemaak.

44. U het Uself toegemaak met ’n wolk,sodat ons gebede nie by U kon kom nie.

45. U het die ander volke laat dinkdat ons niks beteken nie en dat ons stink.

46. Al ons vyande is blyoor wat met ons gebeur het.

47. Ons het bang geword,dit voel of ons in ’n gat geval het.Ons is alleen en ons is stukkend.

48. Die trane vloei uit my oësoos waterstrome,ek huil omdat my volk stukkend is.

49. My trane sal aanhou vloei,dit sal nie ophou nie.

50. Ek sal aanhou huiltotdat die Here uit die hemelafkyk en sien wat gebeur.

51. Wanneer ek sien wat gebeurmet al die vroue in my stad,dan word ek baie hartseer.

52. Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar my vyande het my gejagsoos ’n mens voëls jag.

53. Hulle het my lewendigin ’n put gegooien hulle het klippe op my gegooi.

Klaagliedere 3