Klaagliedere 2:21-22 Bybel vir Almal (ABA)

21. Seuns en ou manne lê saam doodop die strate.My jongmeisies en my jongmannehet gesterf in die oorlog.U het hulle laat sterf toe U kwaad was,U het hulle doodgemaak,U was nie jammer vir hulle nie.

22. U het die vyande van al die kante geroep,U het hulle geroep soos U mense roepom te kom feesvier.Toe die dag van die Here kom,het niemand vry weggekom en weggehardloop nie.My vyande het almal doodgemaakwat hier gebore is en wat hier grootgeword het.

Klaagliedere 2