1. Hoekom het dit gebeur?Die Here was kwaaden Hy het dit donker laat word oor Sion.Israel was trots op die stad,maar die Here het die staduit die hemel neergegooiop die aarde.Hy het nie aan sy tempel gedinkop daardie dag toe Hy kwaadgeword het nie.
2. Die Here was nie jammer vir hulle nie,Hy het al die woonplekke in Jakob verwoes.Hy het die stede van Juda afgebreek,die stede wat sterk mure gehad het.Hy het die koning en sy amptenarehard laat val en Hy het hulle verneder.
3. Hy was baie kwaad,Hy het almal laat sterf wat sterk was in die volk Israel.Hy het hulle nie gehelp teen die vyande nie.Dit was soos ’n vuur wat alles verbrand het.
4. Die Here het soos ’n vyandsy boog se snaar styfgetreken Hy het gereedgestaan.Hy het almal wat mooi was,met sy sterk arm doodgemaakin die woonplekke van Sion.Hy was kwaad,en dit het gebrand soos vuur.