Klaagliedere 2:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hoekom het dit gebeur?Die Here was kwaaden Hy het dit donker laat word oor Sion.Israel was trots op die stad,maar die Here het die staduit die hemel neergegooiop die aarde.Hy het nie aan sy tempel gedinkop daardie dag toe Hy kwaadgeword het nie.

2. Die Here was nie jammer vir hulle nie,Hy het al die woonplekke in Jakob verwoes.Hy het die stede van Juda afgebreek,die stede wat sterk mure gehad het.Hy het die koning en sy amptenarehard laat val en Hy het hulle verneder.

Klaagliedere 2