13. Jy moet opstaan en vir die volk sê: ‘Julle moet julleself wy vir môre, want die Here, die God van Israel, sê: “Julle het goed by julle wat gewy is, en julle sal nie teen julle vyande kan wen nie, julle moet eers die goed wegvat.”
14. Julle moet môre-oggend nader kom, elke stam apart. Die Here sal ’n stam kies, en dan moet elke familie van daardie stam nader kom. Die Here sal ’n familie kies, en dan moet elke huisgesin van daardie familie nader kom. Die Here sal ’n huisgesin kies, en dan moet elke man in daardie huisgesin nader kom.
15. Die Here sal wys wie is die man wat die gewyde goed gevat het, en dan moet julle hom verbrand, hom en al sy mense. Want hierdie man het verkeerd gedoen teen die verbond van die Here, hy het ’n dwase ding gedoen tussen die Israeliete.’ ”
16. Josua het vroeg die oggend opgestaan en hy het die stamme van die Israeliete laat nader kom. Die Here het die Juda-stam gekies.