5. Almal wat uit Egipte gekom het, was besny, maar almal wat in die woestyn gebore is, nadat hulle uit Egipte gekom het, is nie besny nie.
6. Die Israeliete moes 40 jaar lank deur die woestyn loop totdat al die mans gesterf het wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak. Want hulle was nie gehoorsaam aan die Here nie, en die Here het gesê hulle sal nie die land sien nie. Hy het vir hulle voorvaders belowe dat Hy die land vir ons sal gee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is.
7. Die Here het seuns gegee in die plek van hulle pa’s, en Josua het húlle besny. Hulle is nie op die pad van Egipte af hiernatoe besny nie.