Josua 20:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Josua gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet nou sê watter stede moet asielstede wees. Ek het vir Moses gestuur om dit vir julle te sê.

3. Wanneer iemand ’n ander persoon doodgemaak het, maar dit was ’n ongeluk, hy wou dit nie doen nie, dan mag hy na ’n asielstad vlug. Die naaste familielid van die persoon wat dood is, mag nie die man doodmaak wat na die asielstad gevlug het nie.

Josua 20