Johannes 5:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Later was daar weer ’n Joodse fees, en Jesus het na Jerusalem gegaan.

2. By die Skaap-poort in Jerusalem was daar ’n dam. Die Hebreeuse naam van die dam was Betesda.

3. By die dam was vyf gange met pilare. Daar het baie siek mense gelê. Hulle was blind of verlam of kreupel.

5. Daar het ’n man gelê wat 38 jaar lank siek was.

6. Jesus het die man daar sien lê en Hy het geweet dat die man baie lank siek was. Toe vra Jesus vir hom: “Wil jy gesond word?”

Johannes 5